Sunday, 26 August 2012

Wedstryd teen Laerskool Lynnwood

Speler van die wedstryd
Ethan Wentzel
Baie geluk!
Ons speel in 'n baie taai wedstryd teen Laerskool Lynnwood. Ons verloor die wedstryd met 9 paaltjies. Ons kolf eerste en maak van 25 boul beurte net 128 lopies met die verlies van 9 paaltjies.. Laerskool Lynnwood teken 134 lopies aan in die 19.5 boul beurte met die verlies van 1 paaltjie.

Kolf statistieke

F.C. Gross - Teken 5 lopies aan van 9 balle aan.

Johnny Vorster - Teken 1 lopie van 5 balle aan.

Ethan Wentzel - Maak sy eerste 50 lopies vir die seisoen. Ethan maak 56 van 47 balle.Strike Rate van 119. Baie mooi Ethan, dit wil gedoen wees. Ons hou duim vas vir jou volgende wedstryd. 

Tristan Naudé - Teken 13 lopies aan van 33 balle. Mooi gekolf Tristan. Jou lopies is min maar jy en Ethan het goed saam gekolf.

Divan Geustyn - Teken 21 lopies aan van 26 balle. Strike rate van 80.8. Divan dit was jou mooiste kolf beurt wat ons as afrigter gesien het van jou. Hou aan met die goeie werk.

Janco Uys - Teken 11 lopies aan van 15 balle. Janco dit wat jy en Divan gedoen het was uitstekend. Julle het 'n Partnership van 32 lopies gehad. Julle het gekook. 

Boul statistieke

Ethan Wentzel - Boul 5 beurte, staan 18 lopies af en neem 1 paaltjie.

F.C. Gross - Boul 3 beurte en staan 20 lopies af.

Divan Geustyn - Boul 3 beute en staan 21 lopies af.

Johnny Vorster - Boul 1 beurt en staan 11 lopies af.

J.p. Breedt - Boul 2 beurte en staan 17 lopies af.

Tristan Naudé - Boul 3.5 beurte en staan 27 lopies af.

Heinrich Bisschoff - Boul 2 beurte en staan 9 lopies af.

Ons boul net 4 wydlopers vir die volle 19.5 beurte. Baie mooi seuns. Dit is julle beste nog vir die seisoen.



No comments:

Post a Comment