Thursday, 30 August 2012

Wedstryd teen Midstream College


Laerskool Rooihuiskraal wen die wedstryd met 23 lopies teen Midstream College. Laerskool Rooihuiskraal kolf eerste en maak 163 lopies. Midstream College kon net 140 van die lopies bymekaar skraap en word toe almal uit geboul. Seuns die was beslis een van julle mooiste wedstryde gewees. Veldwerk was goed gewees behalwe vir die paar balle wat ons mis gevang het. Ons kan bietjie harder daaraan werk tydens die oefening. Ons het gesien dat "Catches win Matches". Kyk weer na die volgende skyfie en werk hard vir die volgende wedstryd.




Speler van die wedstryd
Ethan Wentzel
Baie geluk ons as span is trots op jou!


Kolfstatistieke

F.C. Gross - Teken 44 lopies aan van 49 balle. Strike rate van 89.9.

Divan Geustyn - Teken 24 lopies aan van 35 balle. Strike rate van 68.57.

Ethan Wentzel - Teken 35 lopies aan van 30 balle. Strike rate van 125.

Heinrich Bisschoff - Teken 12 lopies aan van 11 balle. Strike rate van 109.09.

Johnny Vorster - Teken 8 lopies aan van 16 balle. Strike rate van 50.

Tristan Naudé - Teken 4 lopies aan van 12 balle. Strike rate van 33.33.

Janco Uys - Teken 5 lopies aan van 11 balle. Strike rate van 45.45.

Louis Henning - Teken 1 lopie aan van 6 balle. Strike rate van 16.67.

Whitley Nawn - Teken 2 lopies aan van 4 balle. Trike rate van 50. Nie uit.

Seuns dit was 'n baie goeie span poging gewees!

Boul Statistieke

Ethan Wentzel - Boul 5.4 beurte, staan 33 lopies af en neem 2 paaltjies.

Divan Geustyn - Boul 6 beurte, 1 Maiden, staan 16 lopies af en neem 1 paaltjie.

F.C. Gross - Boul 6 beurte, staan 21 lopies af en neem 1 paaltjie.

J.P. Breedt - Boul 5 beurte, 1 Maiden, staan 30 lopies af en neem 2 paaltjies.

Janco Uys -Boul 1 beurt en staan 8 lopies af.

Tristan Naudé - Boul 2 beurte, staan 9 lopies af en neem 1 paaltjie.

Heinrich Bisschoff - Boul 3 beurte, staan 14 lopies af en neem 3 paaltjies.



Baie mooi seuns, nou kan ons net verbeter!


3 comments:

  1. As onderwyser aan die Laerskool Rooihuiskraal wil ek graag die O/12A seuns baie geluk wens met hulle puik prestasie wat gelewer was in hulle wedstryd teen Midstream College. Julle werk hard en kan gesien word op die krieket veld en so ook af van die veld. Dankie vir julle harde werk wat julle insit elke middag en dat julle gekommit is vir die span. Baie sterkte vir julle volgende wedstryd mag dit goed gaan met julle. Onthou dat die vrugte gepluk sal word vir die harde werk wat julle in sit.

    ReplyDelete
  2. As afrigter van die o/12a Krieket span wil ek julle geluk wens met die puik krieket wat julle speel die afgelope tyd. Julle toon as span goeie vordering en kan ons sien dat julle getrou die oefeninge bywoon en hard werk. Julle goeie karakter op die veld word raak gesien en kan ons as afrigters met trots sê, julle verdien net die beste voorentoe. Ons as Rooimiere, van die Laerskool Rooihuiskraal staan agter julle. Baie geluk aan Ethan Wentzel wat Speler van die wedstryd toekenning ontvang het, alle sterkte en voorspoed aan julle as span voorentoe!

    Groete

    Mnr Leon, Mnr Gerhard & Juffrou Kemaine

    ReplyDelete
  3. Ek wil net namens die Larskool Rooihuiskraal julle as krieket span geluk wens met julle oorwinning teen Midstream College. Julle toon goeie gees en karakter op die veld sowel as vanaf die veld. Ek is trots om te kan sê dat julle deel is van die Laerskool Rooihuiskraal sowel as om myself met julle te kan assosieer. Baie sterkte met julle volgende wedstryd teen Laerskool Garsfontein, mag julle die vrugte pluk en beloon word deur julle harde werk.

    Groete

    Mnr Stephen

    ReplyDelete