![]() |
Heinrich Bisschoff Baie geluk Heinrich, ons is trots op jou! |
Die Laerskool Rooihuiskraal o/12 A Krieketspan
Thursday, 11 October 2012
Baie Geluk Heinrich!!
Ons as span en afrigters van die o/12 A krieket span sowel as van die skool se kant af, wil ons net baie geluk sê aan Heinrich Bisschoff wat gekies is vir die Titans span. Ons is baie trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die res van die seisoen wat voorlê. Werk hard en geniet elke oomblik daarvan. Gaan wees 'n ware ambassadeur vir die Laerskool Rooihuiskraal en laat jou lig skyn vir ander daar buite.
Monday, 1 October 2012
Wedstryd teen Laerskool Constantiapark
Laerskool Rooihuiskraal se o/12 A Krieket span verras die ondersteuners langs die veld met hulle puik spel teen Laerskool Constantiapark. Die Laerskool Rooihuiskraal wen die wedstryd met 2 paaltjies, nadat hulle ons behoorlik op ons senuwees gehad het langs die veld. Laerskool Constantiapark was onoorwonne in die Liga tot dus ver en het die Rooimiere nie een oomblik terug gestaan vir hulle nie. Die wen was baie belangrik gewees vir die span. Dit het gemaak dat ons gelyk staan in 4de plek met Laerskool Anton van Wouw. Om deur te gaan na die volgende ronte moet ons Anton van Wouw klop om die 4de span te kan wees om deur te gaan.
Speler van die wedstryd
![]() |
F.C. Gross Uitmuntende Prestasie! Ons is trots op jou F.C.! F.C. neem 5 paaltjies, boul 5.3 beurte en staan 14 lopies af. In sy kolf beurt maak hy 52 lopies van 53 balle! |
Die uitslae van die wedstryd was as volg:
Boul Statistieke
Bowler | RHK o 12 A | Wd | NB | Ov | Md | Ru | Wi |
1 | Ethan | 1 | 6 | 14 | 2 | ||
2 | FC | 5.3 | 17 | 5 | |||
3 | JP | 3 | 20 | ||||
4 | Janco | 3 | 17 | ||||
5 | Divan | 4 | 46 | 2 | |||
6 | Johny | 2 | 15 | ||||
7 | Tristan | 1 | 3 | 10 | |||
8 | Heinrich | 2 | 12 | ||||
2 | 28.3 | 151 | 9 | ||||
Byes | 4 | ||||||
Total | 155 |
Kolf Statistieke
No | In | Out | Min | Balls | x4 | x6 | How Out | Bowler | Runs | |
1 | FC | 15:56 | 16:49 | 53 | 53 | 10 | 1 | c Unknown | Ludwig | 52 |
2 | Divan | 15:56 | 16:06 | 10 | 8 | r/o Unknown | 1 | |||
3 | Heinrich | 16:06 | 17:22 | 71 | 47 | 6 | 2 | c Oden | Ludwig | 54 |
4 | Ethan | 16:49 | 17:19 | 25 | 26 | 3 | bowled | Reghard | 17 | |
5 | Johny | 17:19 | 17:37 | 18 | 8 | bowled | Wikus | 1 | ||
6 | Tristan | 17:22 | 17:29 | 7 | 5 | c Unknown | Ludwig | 1 | ||
7 | Janco | 17:29 | 17:31 | 2 | 1 | c Unknown | Ludwig | 0 | ||
8 | JP | 17:31 | 17:35 | 4 | 7 | bowled | Reghard | 1 | ||
9 | Louis | 17:35 | 17:40 | 5 | 4 | not out | * | 0 | ||
10 | Deon | 17:37 | 17:40 | 3 | 1 | not out | * | 1 | ||
11 | Whitley | did not bat | ||||||||
Extras | 29 | |||||||||
Overs | 26.4 | Total | 157 | |||||||
Rate | 5.9 | Wickets | 8 |
Thursday, 30 August 2012
Wedstryd teen Midstream College
Laerskool Rooihuiskraal wen die wedstryd met 23 lopies teen Midstream College. Laerskool Rooihuiskraal kolf eerste en maak 163 lopies. Midstream College kon net 140 van die lopies bymekaar skraap en word toe almal uit geboul. Seuns die was beslis een van julle mooiste wedstryde gewees. Veldwerk was goed gewees behalwe vir die paar balle wat ons mis gevang het. Ons kan bietjie harder daaraan werk tydens die oefening. Ons het gesien dat "Catches win Matches". Kyk weer na die volgende skyfie en werk hard vir die volgende wedstryd.
Speler van die wedstryd
![]() |
Ethan Wentzel Baie geluk ons as span is trots op jou! |
Kolfstatistieke
F.C. Gross - Teken 44 lopies aan van 49 balle. Strike rate van 89.9.
Divan Geustyn - Teken 24 lopies aan van 35 balle. Strike rate van 68.57.
Ethan Wentzel - Teken 35 lopies aan van 30 balle. Strike rate van 125.
Heinrich Bisschoff - Teken 12 lopies aan van 11 balle. Strike rate van 109.09.
Johnny Vorster - Teken 8 lopies aan van 16 balle. Strike rate van 50.
Tristan Naudé - Teken 4 lopies aan van 12 balle. Strike rate van 33.33.
Janco Uys - Teken 5 lopies aan van 11 balle. Strike rate van 45.45.
Louis Henning - Teken 1 lopie aan van 6 balle. Strike rate van 16.67.
Whitley Nawn - Teken 2 lopies aan van 4 balle. Trike rate van 50. Nie uit.
Seuns dit was 'n baie goeie span poging gewees!
Boul Statistieke
Ethan Wentzel - Boul 5.4 beurte, staan 33 lopies af en neem 2 paaltjies.
Divan Geustyn - Boul 6 beurte, 1 Maiden, staan 16 lopies af en neem 1 paaltjie.
F.C. Gross - Boul 6 beurte, staan 21 lopies af en neem 1 paaltjie.
J.P. Breedt - Boul 5 beurte, 1 Maiden, staan 30 lopies af en neem 2 paaltjies.
Janco Uys -Boul 1 beurt en staan 8 lopies af.
Tristan Naudé - Boul 2 beurte, staan 9 lopies af en neem 1 paaltjie.
Heinrich Bisschoff - Boul 3 beurte, staan 14 lopies af en neem 3 paaltjies.
Baie mooi seuns, nou kan ons net verbeter!
Sunday, 26 August 2012
Wedstryd teen Laerskool Lynnwood
Speler van die wedstryd
![]() |
Ethan Wentzel Baie geluk! |
Ons speel in 'n baie taai wedstryd teen Laerskool Lynnwood. Ons verloor die wedstryd met 9 paaltjies. Ons kolf eerste en maak van 25 boul beurte net 128 lopies met die verlies van 9 paaltjies.. Laerskool Lynnwood teken 134 lopies aan in die 19.5 boul beurte met die verlies van 1 paaltjie.
Kolf statistieke
F.C. Gross - Teken 5 lopies aan van 9 balle aan.
Johnny Vorster - Teken 1 lopie van 5 balle aan.
Ethan Wentzel - Maak sy eerste 50 lopies vir die seisoen. Ethan maak 56 van 47 balle.Strike Rate van 119. Baie mooi Ethan, dit wil gedoen wees. Ons hou duim vas vir jou volgende wedstryd.
Tristan Naudé - Teken 13 lopies aan van 33 balle. Mooi gekolf Tristan. Jou lopies is min maar jy en Ethan het goed saam gekolf.
Divan Geustyn - Teken 21 lopies aan van 26 balle. Strike rate van 80.8. Divan dit was jou mooiste kolf beurt wat ons as afrigter gesien het van jou. Hou aan met die goeie werk.
Janco Uys - Teken 11 lopies aan van 15 balle. Janco dit wat jy en Divan gedoen het was uitstekend. Julle het 'n Partnership van 32 lopies gehad. Julle het gekook.
Boul statistieke
Ethan Wentzel - Boul 5 beurte, staan 18 lopies af en neem 1 paaltjie.
F.C. Gross - Boul 3 beurte en staan 20 lopies af.
Divan Geustyn - Boul 3 beute en staan 21 lopies af.
Johnny Vorster - Boul 1 beurt en staan 11 lopies af.
J.p. Breedt - Boul 2 beurte en staan 17 lopies af.
Tristan Naudé - Boul 3.5 beurte en staan 27 lopies af.
Heinrich Bisschoff - Boul 2 beurte en staan 9 lopies af.
Ons boul net 4 wydlopers vir die volle 19.5 beurte. Baie mooi seuns. Dit is julle beste nog vir die seisoen.
Wednesday, 15 August 2012
Wedstryd teen Laerskool Hennopspark
Ons as afrigters wil net die span geluk wens, met die uitstekende wedstryd teen Laerskool Hennopspark. Die wedstryd was in goeie gees gespeel en het die afrigters sowel as die ouers en ondersteuners op hul tone gehad. Dankie aan elke speler, julle het ons trots gemaak.
Kolf Statistieke
F.C Gross - Maak 30 lopies van 40 balle. Strike Rate 71.4.
Johnny Vorster - Maak 21 lopies van 23 balle. Strike Rate van 91.3.
Ethan Wentzel - Maak 39 van 49 balle. Strike Rate van 79.6.
Janco Uys - Maak 7 van 17 balle. Strike Rate van 41.2.
Boul Statistieke
Ethan Wentzel - Boul 3 Overs, staan 12 lopies af en neem 1 paaltjie.
F.C. Gross - Boul 3 Overs, staan 16 lopies af en neem 2 paaltjies.
Divan Geustyn - Boul 4 Overs, staan 16 lopies af en neem 1 paaltjie.
Johnny Vorster - Boul 3 Overs, staan 18 lopies af en neem 1 paaltjie.
J.P. Breedt - Bou 1 Over en staan 12 lopies af.
Tristan Naudé - Boul 5 Overs, staan 16 lopies af en neem 2 paaltjies.
Janco Uys - Boul 1 Over en staan 13 lopies af.
Louis Henning - Boul 2 Overs en staan 7 lopies af.
Heinrich Bisschoff - Boul 3 Overs, staan 9 lopies af en neem 2 paaltjies.
Namens ons as afrigters en die span wil ons vir die volgende 3 seuns baie sterkte toewens, met die volgende ronte van die Titans proewe. Werk hard die res van die week wat voorlê en onthou; Harde werk word altyd beloon.
Speler van die wedstryd!
![]() |
Baie Geluk F.C. Ons is trots op jou! |
Kolf Statistieke
F.C Gross - Maak 30 lopies van 40 balle. Strike Rate 71.4.
Johnny Vorster - Maak 21 lopies van 23 balle. Strike Rate van 91.3.
Ethan Wentzel - Maak 39 van 49 balle. Strike Rate van 79.6.
Janco Uys - Maak 7 van 17 balle. Strike Rate van 41.2.
Boul Statistieke
Ethan Wentzel - Boul 3 Overs, staan 12 lopies af en neem 1 paaltjie.
F.C. Gross - Boul 3 Overs, staan 16 lopies af en neem 2 paaltjies.
Divan Geustyn - Boul 4 Overs, staan 16 lopies af en neem 1 paaltjie.
Johnny Vorster - Boul 3 Overs, staan 18 lopies af en neem 1 paaltjie.
J.P. Breedt - Bou 1 Over en staan 12 lopies af.
Tristan Naudé - Boul 5 Overs, staan 16 lopies af en neem 2 paaltjies.
Janco Uys - Boul 1 Over en staan 13 lopies af.
Louis Henning - Boul 2 Overs en staan 7 lopies af.
Heinrich Bisschoff - Boul 3 Overs, staan 9 lopies af en neem 2 paaltjies.
Vir meer statistieke klik op die volgende skakel oor die wedstryd: http://www.crichq.com/matches/
17565
Titans Proewe
![]() |
Divan Geustyn |
![]() |
Heinrich Bisschoff |
![]() |
F.C. Gross |
Ons Rooimiere staan agter julle!
Thursday, 2 August 2012
Wedstryd teen Laerskool Wierdapark
Baie geluk aan elke speler wat teen Laerskool Wierdapark gespeel het. Julle het elkeen julle beste gelewer. Ons wen die wedstryd met 42 lopies. Laerskool Rooihuiskraal teken 172 lopies aan met die verlies van 3 paaltjies. Laerskool Wierdapark veg tot die einde toe, en kon toe net 130 lopies bymekaar skraap in die 25 boul beurte, met die verlies van 6 paaltjies.
Ethan teken 9 lopies aan van 3 balle. Mooi gekolf Ethan!
Kolf statistieke
Heinrich teken 99 lopies aan van 78 balle en word uitgevang op die laaste bal, van die 25 beurte. Volgende keer Heinrich!
Johnny teken 45 lopies aan van 66 balle. Dit was een van jou beste wedstryde gewees!
Ethan teken 9 lopies aan van 3 balle. Mooi gekolf Ethan!
Boul Statistieke
Ethan was die mees ekonomieste bouler. Hy boul 5 beurte, kry 2 Maidens, staan 14 lopies af en vat een paaltjie.
J.P.Boul 5 beurte, staan 21 lopies af en neem 2 paaltjies.
Heinrich boul 5 beurte, staan 21 lopies af, en neem 1 paaltjie.
Divan boul 3 beurte, staan 14 lopies af.
Janco boul 2 beurte, staan 19 lopies af.
Tristan boul 3 beurte, 1 Maiden, staan 11 lopies en neem een paaltjie.
Johnny boul 2 beurte en staan 18 lopies af.
Dit wil gedoen wees seuns!!
Welgedaan Ethan!
Baie geluk seuns ons as afrigters en ondersteuners is trots op julle! Harde werk word altyd beloon!
Kom ons werk nou fluks by die oefeninge vir die volgende wedstryd!
Wednesday, 1 August 2012
Ethan, baie geluk met jou 12de Verjaarsdag vandag!!
Ethan, ons as afrigters sowel as jou spanmaats wil jou geluk wens met jou 12de verjaarsdag vandag, mag die Here jou lank spaar vir ons almal!
Baie geluk met julle oorwinning gister teen Laerskool Wierdapark, ons is trots op julle!
Subscribe to:
Posts (Atom)